Home 🎬 Bollywood 🎵 Pakistani 🎤 English Pop

Ek Sien Jou Met My Oë Toe

👤 Spoegwolf 🎼 See ⏱️ 4:09
🎵 912 characters
⏱️ 4:09 duration
🆔 ID: 12406242

📜 Lyrics

As ek die trip kan betaal
Gaan ons drie maande toer
Die doderyk hier loer vir my wel,
Ek weet wat ek voel
Ek weet wat ek voel vir jou

As ek die skip moet gaan haal
Sal ek drie-maal dit doen
Die mense hier is moeg vir my, wel
Wag tot jy sien
Sien wat ek kan doen

Ek dink nie ek kan jou verloor nie
Ek weet jy dink ek hoor nie, maar ek
Sien jou met my oë toe

Soms as jy in my arms is
Word ons warmer as kole
Hoe spoeg die vuur
Vonke wat sterre word
Sterre sal nog mense word in klei
Ons was toegedraai
Om hier te bly

Ek dink nie ek wil jou verloor nie
Ek weet jy dink ek hoor nie, maar ek
Sien jou met my oë toe

As ek ooit
Ooit vergeet hoe lief ons was
Trek jou spierwit tekkies aan
Dra jou ring en kry ons tas

Ek dink nie ek kan jou verloor nie
Ek weet jy dink ek hoor nie, maar ek
Sien jou met my oë toe

As ek ooit
Ooit vergeet hoe lief ons was
Trek jou spierwit tekkies aan
Dra jou ring en kry ons tas

⭐ Rate These Lyrics

Average: 0.0/5 • 0 ratings