Home ๐ŸŽฌ Bollywood ๐ŸŽต Pakistani ๐ŸŽค English Pop

Ek Sweer

๐Ÿ‘ค Twee โ€ข ๐ŸŽผ Piekniek Vir Twee โ€ข โฑ๏ธ 3:38
๐ŸŽต 1395 characters
โฑ๏ธ 3:38 duration
๐Ÿ†” ID: 13820345

๐Ÿ“œ Lyrics

Gee vir my 'n rede waarom ek moet betaal met my lewe
Jy gee vir my soen en jy stap verby ek sal hierdie duiwels wegjaag
Jy staan daar in jou goddelike gewaad en dit maak my kwaad
As ek dink aan alles wat ons agterlos as die maan vir die son moet plek maak
En ek weet dat jy deur my sien as ek vir jou se dat ek jou gaan verniel
Maar tog sal ek staan en ek wil vir jou vra of ek vir jou mag sรช:

Ek wil vir jou sing
Ek wil vir jou skree
Ek wil met jou liefde maak
En dit alles vir jou gee
Ek wil vir jou sing
Ek wil op jou skree
Ek sal jou oorlog gaan veg
Ek sal bloei vir jou
Ek sweer

My wang lรช teen jou hand jou belofte konstant, gee 'n teken
Die Hemel weet kan jy nog daai oggend onthou ek't gestaan en geklou aan jou wese
Het die einde dalk begin want die tyd raak nou min, jy trap spore tog bly ek verlore in elke
Woord wat in die gange van jou oรซ weergalm
En jy weet dat ek deur jou sien as jy vir my se dat jy my gaan verniel
en tog sal ek staan en ek wil vir jou vra of ek vir jou mag sรช:

Ek wil vir jou sing
Ek wil vir jou skree
Ek wil met jou liefde maak
En dit alles vir jou gee
Ek wil vir jou sing
Ek wil op jou skree
Ek sal jou oorlog gaan veg
Ek sal bloei vir jou
Ek sweer

Oh, oh, oh, oh
Ek wil vir jou skree (Oh, oh, oh, oh)
Oh, oh, oh, oh
Ek sal bloei vir jou ek sweer
Oh, oh, oh
Ek wil vir jou sing
Ek wil vir jou skree
Ek wil met jou liefde maak
En dit alles vir jou gee

โญ Rate These Lyrics

โ˜†โ˜†โ˜†โ˜†โ˜†
Average: 0.0/5 โ€ข 0 ratings