Home ๐ŸŽฌ Bollywood ๐ŸŽต Pakistani ๐ŸŽค English Pop

Kwaad

๐Ÿ‘ค Chris Chameleon โ€ข ๐ŸŽผ 7de hemel โ€ข โฑ๏ธ 2:23
๐ŸŽต 1486 characters
โฑ๏ธ 2:23 duration
๐Ÿ†” ID: 13993214

๐Ÿ“œ Lyrics

Die pad van die lewe loop lank en swaar,
teen die hange van jou grootste drome uit
En jy weet dat met jou grootste maat,
loop jy daai hange meer gemaklik uit

Kwaad vir jou maat
(Wat help dit dan? - Wat help dit dan?)
Jy word kwaad vir jou maat
Kwaad vir jou maat

(Wat help dit dan? - Wat help dit dan?)
Jy word kwaad vir jou maat
En soms voel ek ietwat bedroef,
en ja, soms voel ek net eenvoudig bedruk

Dan's daar niks wat my so goed opskroef,
soos 'n vriend se glimlag en 'n stywe druk

Kwaad vir jou maat
(Wat help dit dan? - Wat help dit dan?)
Jy word kwaad vir jou maat
Kwaad vir jou maat
(Wat help dit dan? - Wat help dit dan?)
Jy word kwaad vir jou maat
'n Vriend is veel meer werd as goud
Want goud gaan jou nie troos, as die eensaamheid haar arms om jou vou
'n Vriend is daar as al die roem,
en die gelag en glinstering, gewyk het uit die binnekring
Sit bas en al in die wip verstrik
Wie anders as 'n vriend gaan jou dan daaruit ruk?
As die dryfsand aan jou kinnebak lek,
is 'n vriend die een wat daar is om jou uit te trek
Kwaad vir jou maat
(Wat help dit dan? - Wat help dit dan?)
Jy word kwaad vir jou maat
Kwaad vir jou maat
(Wat help dit dan? - Wat help dit dan?)
Jy word kwaad vir jou maat
'n Vriend is veel meer werd as goud
Want goud gaan jou nie troos, as die eensaamheid haar arms om jou vou
'n Vriend is daar as al die roem,
en die gelag en glinstering,gewyk het uit die binnekring
Die pad van die lewe loop lank en swaar,
teen die hange van jou grootste drome uit

โญ Rate These Lyrics

โ˜†โ˜†โ˜†โ˜†โ˜†
Average: 0.0/5 โ€ข 0 ratings