Home 🎬 Bollywood 🎵 Pakistani 🎤 English Pop

Bittermaan

👤 Tasché/Danie Du Toit 🎼 Tasché ⏱️ 3:17
🎵 1066 characters
⏱️ 3:17 duration
🆔 ID: 14692134

📜 Lyrics

Die reën raas harder as die lugverwarmer
Toemaar, toemaar, toe
Ek het blomme gekoop

Die woude roer, die water roei verwaarloos
Toemaar, toemaar, toe
Dit is stil in die huis

En dis veilig onder jou plafon
Met jou vreemde klanke
En jou vreemde son
Ek is broos soos die waarheid vir ʼn leun
Sê my waar is jou, is jou verliefde heen

En ek sukkel om te staan
Ek skree jou naam
Bittermaan
Hierdie mense volg my waar ek gaan
Bittermaan, bittermaan

Waar's jy nou? Waar's jy nou?
Bittermaan, bittermaan, bittermaan

Hoor jy dis ek
Ek het vergeet hoe om te dans
Maar ek kan dryf
As jy nie op my voete staan nie

Die buite-fokus reën maak patrone op die vensters
Verdwaalde druppels, ek is een
Maar jy nie

En ek sukkel om te staan
Ek skree jou naam
Bittermaan
Hierdie mense volg my waar ek gaan
Bittermaan, bittermaan

Waar's jy nou? Waar's jy nou?
Bittermaan, bittermaan, bittermaan

Hoor jy dis ek
Ek het vergeet hoe om te dans
Maar ek kan dryf
As jy nie op my voete staan nie

Buite-fokus reën maak patrone op die vensters
Verdwaalde druppels, ek is een
Maar jy nie

⭐ Rate These Lyrics

Average: 0.0/5 • 0 ratings