Home ๐ŸŽฌ Bollywood ๐ŸŽต Pakistani ๐ŸŽค English Pop

Klop

๐Ÿ‘ค Bernice West โ€ข ๐ŸŽผ Net Geleen โ€ข โฑ๏ธ 3:21
๐ŸŽต 1216 characters
โฑ๏ธ 3:21 duration
๐Ÿ†” ID: 21751621

๐Ÿ“œ Lyrics

As jy stil word en luister hoe my hart
'n Resies hardloop teen joune
En jou vingers verdwaal tussen die sterrestelsels van my lyf
Kan ek my hand in jou sak druk en dalk
'n Paadjie saam jou aanknoop?
Want die mat op die vloer raak warm
as jy jouself daaroor uitstrooi
En jy my binne nooi
Klop klop klop klop
Hier aan my deur
O o o en vat wat jou hart begeer
Want ons liefde het geen perke nie
ek kan verdrink in dit wat jy my laat voel
Sal jy stywer bly langer lรช ek wil jou diepste vrees leer ken
Want die stories op jou borskas laat my weer voel
soos toe ek 'n kind was
Ek soek jou by my ek wil jou hande stil verlei
Tussendeur die paadjies van my rug verken jou vingers 'n liefdesklug
Wat ons altwee weer laat glo
Soos kinders en die tandmuis dan gaan bou ons maar weer 'n lighuis
Met die sterre bo ons kop ek sal my asem in jou verstop
Klop klop klop klop
Hier aan my deur
O o o en vat wat jou hart begeer (Wat jou hart begeer)
Want ons liefde het geen perke nie
ek kan verdrink in dit wat jy my laat voel
Klop klop klop klop
Hier aan my deur
O o o en vat wat jou hart begeer (Wat jou hart begeer)
Want ons liefde het geen perke nie
ek kan verdrink in dit wat jy my laat voel
Klop klop klop klop
Hier aan my deur

โญ Rate These Lyrics

โ˜†โ˜†โ˜†โ˜†โ˜†
Average: 0.0/5 โ€ข 0 ratings