Home 🎬 Bollywood 🎡 Pakistani 🎀 English Pop

Miljoene Druppels

πŸ‘€ Liezel Pieters β€’ 🎼 Sing My Hart Uit β€’ ⏱️ 3:09
🎡 1149 characters
⏱️ 3:09 duration
πŸ†” ID: 21758860

πŸ“œ Lyrics

Die wind waai sag oor die lande
Streel met sy sagte hande
Stilte vloei, vrede diep, binne my
'N Kind in sy ma se arms
'N Glimlag, 'n soen so warm
Laat ons glo, laat ons leef in 'n droom
Die son se strale breek deur die hemel
En laat 'n nuwe dag vir ons saam begin
Saam met hom, kan ons skyn.

Laat dit op jou val soos reΓ«n
'N Waterval, 'n stormsee
Miljoene druppels
Maak vir jou die sluise oop
Laat die strome in jou hart oorloop
Miljoene druppels

Ons lewe 'n see van wonders
Met pΓͺrels wat blink daaronder
Soveel mooi, as ons kyk is dit daar
Die donkernag wat blink met die sterre
Die naggeluide sing in die verte saam
En ek weet ons is vry

Laat dit op jou val soos reΓ«n
'N Waterval, 'n stormsee.
Miljoene druppels
Maak vir jou die sluise oop
Laat die strome in jou hart oorloop
Miljoene druppels

Soos trane breek dit los uit die hemel
In liefde kom dit neer sonder vrae
Dit loop oor binne my

Laat dit op jou val soos reΓ«n
'N Waterval, 'n stormsee.
Miljoene druppels
Laat dit op jou val soos reΓ«n
'N Waterval, 'n stormsee
Miljoene druppels
Maak vir jou die sluise oop
Laat die strome in jou hart oorloop
Miljoene druppels

Miljoene druppel

⭐ Rate These Lyrics

β˜†β˜†β˜†β˜†β˜†
Average: 0.0/5 β€’ 0 ratings