Home ๐ŸŽฌ Bollywood ๐ŸŽต Pakistani ๐ŸŽค English Pop

Bloutrein

๐Ÿ‘ค Theuns Jordaan โ€ข ๐ŸŽผ Roeper โ€ข โฑ๏ธ 3:24
๐ŸŽต 1103 characters
โฑ๏ธ 3:24 duration
๐Ÿ†” ID: 22329820

๐Ÿ“œ Lyrics

Ek wag in die straat vir genade brood
Bedel bietjies hoop met die bakhand oop
Met 'n bord en 'n blik skep ek koper krummels
Van die hand tot die mond val die pap op die grond

Daar's nie iemand om my op te tel nie
En niemand is alleen se pel nie
Hier staan ek nou
Tot die Bloutrein uit die hemel kom
Meneer as die Bloutrein kom
Tot die Bloutrein uit die hemel kom
Meneer as die Bloutrein kom

Die kos lรช koud in hierdie middernag land
Met 'n helpende hand net 'n iets vir die aand
Ek delf in die myne vir die silver sikkels
Dis 'n groot gesukkel
Daar is niks meer oor nie

Daar's nie iemand om my op te tel nie
En niemand is alleen se pel nie
Hier staan ek nou
Tot die Bloutrein uit die hemel kom
Meneer as die Bloutrein kom
Tot die Bloutrein uit die hemel kom
Meneer as die Bloutrein kom

Dis 'n bitter soete swane sang
Maar kaalvoet op die teer raak seer Meneer

Daar's nie iemand om my op te tel nie
En niemand is alleen se pel nie
Hier staan ek nou
Tot die Bloutrein uit die hemel kom
Meneer as die Bloutrein kom
Tot die Bloutrein uit die hemel kom
Meneer as die Bloutrein kom
Tot die Bloutrein kom

โญ Rate These Lyrics

โ˜†โ˜†โ˜†โ˜†โ˜†
Average: 0.0/5 โ€ข 0 ratings